Rondekerk hou vroueaand

Die Rondekerk Secunda bied op 18 Februarie ’n vroueaand aan.

Almal is welkom, toegang is gratis en die aand begin om 6nm. vir 6.30nm.

Debbie de Jager sal die vroue toespreek.

Debbie is ’n wedergebore kind van God, ’n internasionale spreker en ’n stigterslid van die “John Maxwell Team of Coaches, Teachers and Speakers” en is persoonlik opgelei deur John en sy fakulteit.

Sy het in Suid-Afrika se korporatiewe omgewing vir 15 jaar gewerk.

Gedurende hierdie tyd het sy ’n nasionale en vier maatskappy toekennings ontvang.

In 2011 het sy haar beroep vaarwel geroep om God se droom vir haar lewe na te jaag.

Vandag bied sy leierskaps- en persoonlikegroei seminare by maatskappye, kerke en skole aan en van die groot korporatiewe banke het haar reeds meer as 120 keer gebruik.

Sy het reeds meer as 40000 mense regoor Suid-Afrika, Engeland en Swaziland in haar gehore gehad.

Debbie is passievol daaroor om mense te help om te slaag in elke area van hulle lewe.

Back to top button