Standerton-rugby speel tuis die komende naweek
Standerton DeKalb Rugbyklub sal die komende naweek, 17 Junie op hulle tuisveld by Vaalrivierskool speel.
Die eerstespan is steeds met 40 punte in die tweede plek in die Hoëveld “Mayor”-liga na die afgelope naweek se wedstryde en sal teen teen Bethal 1 meeding.
Hulle is vier punte agter Ermelo se 44.
Die tweedespan het egter twee plekke op die leer geklim van die sesde na die vierde plek met 23 punte en sal teen Sasol 3 wedywer.
Die tweedespan skop om 2.30nm af en die eerstespan sal daarna speel.