Tuinbouers besoek appelplaas

Ermelo Tuinbouklublede gaan op 16 Maart ‘n uitstappie na die appelplaas van Gideoni Huber op die De Emigratie-pad geniet.

Dit beloof om ‘n leersame vergadering tussen die appelbome te wees en ‘n besoek aan die pakhuis en die boord behoort vir almal baie insiggewend te wees.

Almal ontmoet mekaar om 08:30 voor die EHS Ouditorium, waarna almal saam per bus vertrek na die Big Apple op die plaas van Gideon Bührmann.

Persone wat hul eie vervoer wil gebruik, kan die roeteaanwysings by Lettie Bührmann bekom.

Die verrigtinge begin om 09:30 vir 10:00 tot 12:00. Koste beloop R55 vir lede en R75 vir gaste en sluit vervoer en verversings in.

Trek gemaklike klere en skoene aan. Bevestig asseblief of u die dag gaan bywoon. Dit is vir die organiseerders belangrik om die getalle vir die tee en vervoer te hê.

Om jou plek te bespreek of vir enige navrae, stuur ‘n sms aan Lettie Bührmann by 082 572 0902.

Back to top button