Tuinbouklub gaan op spogplaas kuier
Ermelo Tuinbouklub gaan op 21 Oktober saam met die VLU-lede van die Millennium-tak op Tharina Greyling se plaas kuier.
Dié spogplaas is verlede week deur ‘n span van die tydskrif Tuis besoek en die uitstappie na dié mooi plaas, tuin en huis beloof om iets besonders te wees.
Almal wat saamgaan, moet asseblief ‘n bordjie eetgoed saamneem.
Drinkgoed sal deur Tharina voorsien word.
Besprekings vir die uitstappie sluit op 19 Oktober om 10:00.
Almal sal om 08:30 saam vanaf Game se parkeerarea na Amersfoort en daarna die plaas vertrek.
Diegene wat ‘n saamrygeleentheid teen R30 per persoon wil gebruik, kan Estelle Vermaak by 082 771 6997 skakel.