Tuinbouklub sluit jaar af

Ermelo Tuinbouklub hou op 16 November om 10:00 hul laaste byeenkoms vir vanjaar by Kallie en Paula se antiekwinkel.

Hulle nooi almal uit om ‘n vriendin saam te bring om die oggend met die tema Lavender Tea met hulle te deel.

Die koste is R150 per persoon en elkeen word versoek om ‘n bossie laventel saam te bring om op die tafel te sit.

Tof gerus op vir dié oggendtee met rompe, hoede en handskoene wat aan die orde van die dag sal wees.

Drini Jacob gaan gesels oor ‘n positiewe uitkyk op die lewe en voordrag en musiek word ook vir die oggend beplan.

Indien moontlik, bring asseblief ook iets saam vir ‘n Annebel-geskenkpakkie.

Bevestig vroegtydig by Lettie Bührmann by 082 572 0902.

Back to top button