Tuinbouklub vergader

Die lede van Ermelo Tuinbouklub vergader Woensdag 20 Januarie om 09:30 vir 10:00 by Vintage Café by Crete Crazy.

Saretha Ferns, stigter van ’n groep vroue wat behoeftige dogters inlig en bystaan oor die veranderinge wat in hul liggame plaasvind, sal as gasspeker optree met die boodskap om almal aan te moedig en beheer te neem van hul lewens.

Anita Kruger sal ook ’n praatjie lewer oor hoe om jou huis te “de-lutter”.

Koste beloop R45 per persoon en sluit tee/koffie, quiche en slaai in.

Skakel Estelle by 082 771 6997 om plek te bevestig.

Back to top button