Tyd vir besigheidsrolbal

Die jaarlikse rolbalbesigheidsliga begin op 7 Februarie en beloof om die grootste liga nog te wees met groot pryse en baie pret.

Spanne kan Dinsdae of Donderdae speel, waarna die twee groepe sal uitspeel om die groot kampioen vir die jaar te bepaal.

Vanjaar is daar ook ‘n prys vir die span wat die beste geklee is en die meeste spangees het.

Spanne bestaan uit vier spelers elk en inskrywingsgeld per span is R700.

‘n Vergadering om die reëls en reëlings te bespreek, vind op 2 Februarie om 18:00 by die rolbalklub plaas.
Vir meer inligting of om in te skryf, skakel Fritz by 0814068946.

Back to top button