Unie verwelkom nuwe hoof met Ses Snare
Die Errie Unie ontvang Donderdag 23 April amptelik die EHS se nuwe hoof, mnr. Pieter Grobler.
Ses Snare sal tydens diƩ geleentheid as gaskunstenaars optree en almal is welkom om die geleentheid by te woon.
Daar is net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar en belangstellendes moet so gou moontlik by enige Errie Unie-lid of by me. Marthie de Vries by die EHS- sportkantoor bespreek om teleurstelling te voorkom.
Die verrigtinge begin om 18:00 vir 18:30 en die drag is netjies-informeel.
Koste beloop R250 per persoon en sluit ‘n buffet-ete tydens die optrede in.