Valentyns Rol”bal”
Valentyns rol”bal”dag
Almal word uitgenooi na Ermelo Rolbalklub se “bal”, verruil die “Ball Room” vir ’n middag vol pret op die rolbalbaan.
Drag: Gemaklik (iets rooi) en plat skoene
Wanneer: Sondag 14 Februarie om 14:00
Baan fooie : ’n sagte speelding (nuut) vir die “Teddies teen trane” projek (Vir kinders en ander wat trauma beleef) wat later aan die kinderhuis geskenk sal word.
Bring jou braaier en vleis, braai saam en spandeer ’n lekker dag saam die gesin en vriende.
Kontantkroeg is beskikbaar.
Daar is ook baie pryse op die spel.