Vrouekamp
Geniet weer ’n naweek met hope inspirasie saam met Lynette Beer en Ps. Franeli Kirsten as sprekers.
Van die vroue wat by verlede jaar se kamp was sal onthou watter impak Lynette se boodskap gemaak het.
Me. Geldah Simich sal die aanbidding lei.
Sy het in die Kaap grootgeword, maar bly die afgelope 27 jaar in Secunda.
Sy is ’n gekwalifiseerde pastoor.
Musiek is haar groot liefde, maar haar grootste liefde is Jesus.
Sy doen ook berading en glo die Here gebruik haar om mense te help om die stukkies van hulle lewens weer bymekaar te sit.
Die vrouekamp is vanaf 7 to 9 April op plaas Holfontein en kostes beloop R250 per persoon vir die naweek.
Registrasie begin op 7 April om 5.30nm.
Vir meer inligting stuur ’n whatsapp of SMS na Jenny Vrey by 082 372 7111 of stuur ’n e-pos na vroueopknie@gmail.com.