Wit Kasteel by Die Gat in Trichardt

Wit Kasteel is ‘n jong, dinamiese Afrikaanse alternatiewe musiekgroep wat bestaan uit drie lede gebaseer in Pretoria.

“Ons werf inspirasie van altwee, moderne en klassieke Rock-musiek af en inkorporeer dit in ons unieke, vars op die mark, styl van speel.”
Gestig vroeg in 2012, het Wit Kasteel gestreef om ʼn oorspronklike klank en ʼn hoë energie produk aan die mark bloot te stel.

Wit Kasteel se huidige teiken mark is van die jong Afrikaanse “Rock ‘n Roll” liefhebber, tot die gesoute ouer luisteraar wat diversiteit kan waardeer.
“Met menigte opvoerings reg oor Pretoria oor die laaste twee jaar voel ons gereed vir groter uitdagings.”
“Ons beoog om in 2015 by meer feeste en groter venues te speel want ons weet ons musiek en uitvoer styl sal
aanklank vind by mense.”

 

11011870_10153538035869553_806892135718111145_o

 

Back to top button