Fotogalery – Ligbron bied puik Interhoër aan
Die goed georganiseerde byeenkoms het groot byval gevind. Kyk hier na die aksie fotos.

Ligbron Akademie vir Tegnologie was vanjaar die gasheerskool vir die Hoëveld Uitnodigingsatletiekbyeenkoms en is uit verskeie oorde lof toegeswaai vir die puik aanbieding van ’n skitterende byeenkoms.
Die netjiese terrein en goed uitgemerkte baan en algehele goeie organisisasie het groot byval by een en almal gevind.
Atlete kon nie anders nie as om hul heel beste te gee.
Hoërskool Ermelo is as algehele wenner aangewys, met Hoërskool Secunda in die tweede plek en Hoërskool Standerton derde.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590

























































































































