Dellies se 2024 matrieks neem afskeid in styl
Leerders het oudergewoonte die tradisionele modeparade op die skool se sportveld gehou.
Hoërskool Delmas se 2024 matriekleerders het op 11 Oktober hul matriekafskeid gehad. Leerders het oudergewoonte die tradisionele modeparade op die skool se sportveld gehou waar ouers, grootouers, boeties en sussies die matrieks op die rooi tapyt kon sien.
Die matrikulante het vanjaar weer geskitter en het verder ook in styl op die rugbyveld opgedaag – daar was Vollas, beach buggies, moderne en stokou pragvoertuie, en een paartjie het selfs met twee spogperde die terrein ingery.
Na afloop van die modeparade het die leerders na die Delmas Country Lodge vertek waar hulle verder in styl bederf was.
Vir Dellies se 2024 matrieks is die vieringe nou verby en moet die pragrokke, die pakke klere, spogkarre en blink goed nou terugstaan vir die boeke en die eindeksamen wat in sig is.













