GalleriesSchools galleries

Fotogalery – ’n Ode aan die melktert

Almal het met melktert grootgeword en die lekkerny is immerteenwoordig by groot geleenthede, onthale en feeste.

Die Erries het Maandag vir die tweede agtereenvolgende jaar Nasionale Melktertdag op ‘n feestelike manier gevier.

Tafels volgepak met melktert het op al die leerders gewag toe die klok vir eerste pouse lui.

Die onderwysers is ook bederf met ‘n gedekte tafel vol melktertgebak, -roomys en -drankies (nie die soort wat jou kop laat draai nie).

Die doel van Nasionale Melktertdag op 27 Februarie, is om Suid-Afrikaners daaraan te herinner dat ons meer gemeen het as wat ons dink. Almal het met melktert grootgeword en die lekkerny is immerteenwoordig by groot geleenthede, onthale en feeste.

Die hoof en onderwysers van Hoërskool Ermelo beskou die Erries se interhoëroorwinning as ‘n groot geleentheid en het gemeen dit sou van pas wees om elke leerder met ‘n stukkie melktert te bederf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button