GalleriesSports galleries

Atlete geniet Bethal Marathon

Kyk hier na die foto’s van deelnemers.

BETHAL – Bethal Marathonklub het een van hul grootste byeenkomste aangebied op Woensdag, 27 April.

Atlete het by Laerskool Marietjie van Niekerk bymekaar gekom om vir die 4.2km-pretloop en die 10km- en 21.1km-wedlope in te skryf.

Altesaam 259 atlete het die 21.1km-wedloop voltooi en 220 die 10km-wedloop.

Absa Bethal is as die beste waterpunt aangewys, met die Gereformeerde Kerk Bethal in die tweede plek.

R.E.A. Engineering Solutions het derde geëindig, Ceader Peak Spur Bethal vierde en Jan Oosthuizen Landbou en Oesversekering vyfde.

Die opemansafdeling in die 10km-wedloop is deur Moses Mahlangu gewen.

Ben Mahlangu was tweede en Sibusiso Kubheka derde.

Hulle van Nkangalaklub.

Simon Sibisi van Mpumalanga Suid-Afrikaanse Polisiediens het die mans 40 en ouer afdeling gewen, Vickson Mhlaba die mans 50 en ouer afdeling en Jan Venter die mans 60 en ouer afdeling van die 10km-wedloop.

Jan en Vickson is van Eskomklub.

Die opevroue-afdeling van die 10km is deur Danel Human gewen, Mlaniphile Msezune was tweede en Beauty Kubheka van Sasol was derde.

Broni van der Meer van Secunda was eerste oor die wenstreep.

In die vroue 40 en ouer wedloop, was Erika Clarence van Eskom eerste in die vroue 50 jaar en ouer, en Beauty Kubheka van Sasol was eerste in die vroue 60 en ouer afdeling van die 10km-wedloop.

Die 21.1km-wedloop is deur Amos Tanjekwayo van Middack gewen, en Lucky Sithole van Glencore was tweede en Ronny Mabotja van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die derde plek in die opemansafdeling.

Petros Nkosi van Ulundi was eerste in die mans 40 en ouer afdeling, Petrus Ndlangamandla was eerste in die mans 50 en ouer afdeling en Chris Botha van Nedbank was eerste in die mans 60 en ouer afdeling.

Die vroueope-21.1km-wedloop is deur Precious Tshabalala van Eskom gewen, met Rika Rossouw van Volksrust tweede en Wendy Msezane derde.

Mariska Kieser van Volksrust was eerste in die vroue 40 en ouer afdeling, Denis Botha van Nedbank was eerste in die vroue 50 en ouer afdeling en Frieda Muir van Nedbank was eerste in die 60 en ouer afdeling.

Bethal Marathonklub het Laerskool Marietjie van Niekerk, Rotran en elke deelnemer bedank.

Die volgende wedloop vind op 17 September tydens die Christenfees plaas.

Vir meer inligting, skakel Engela van der Merwe by 072 672 2015.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button