Local news

Hoëveldstreek VLU se Kuier en Klets-dag op Standerton vier kreatiwiteit

Hoëveldstreek VLU, Vrouelandbou-unie, Kuier en Klets, Standerton, Kreatiwiteit, Koekversiering, Ciabatta-Broodbak, Werksklasse, Gemeenskapsnuus.

Die Hoëveldstreek Vroue Landbou-unie (VLU) se jaarlikse Kuier en Klets-dag is op 10 Oktober aangebied, met vroue wat by die Hervormde Kerk op Standerton vir ’n dag vol kreatiwiteit, nuwe vaardighede en gesellige samesyn byeengekom het.

Die dag het verskeie interessante werksklasse gebied, waaronder verftegnieke, koekversiering en die kuns van ciabatta-broodbak.

Die deelnemers het die kans gekry om hul kreatiewe vermoëns verder te ontwikkel, nuwe tegnieke aan te leer en idees met mekaar uit te ruil.

Van die aanleer van ’n nuwe verfmetode tot die afronding van ’n pragtig versierde koek en die bak van vars ciabatta-brood, was daar iets vir elkeen om te geniet.


woman in green dress holds a box of cupcakes
Ronel Boer was een van die gaste tydens die Hoëveldstreek VLU se jaarlikse Kuier en Klets-dag by die Hervormde Kerk op Standerton op 10 Oktober. Foto: Verskaf

Die dag het egter nie net oor die aanleer van nuwe vaardighede gegaan nie.

Die gees van samewerking en kameraadskap het ook sterk na vore gekom, met vroue wat ervarings gedeel, wenke uitgeruil en heerlik saamgekuier het.

Dit is juis hierdie uitruil van kennis en die bereidwilligheid om by mekaar te leer wat die VLU besonders maak het die vroue vertel.

Elke vrou bring haar eie talente, ervaring en kreatiwiteit, en wanneer hierdie gawes gedeel word, word almal daardeur verryk.

Die Kuier en Klets-dag was weer eens ’n bewys van wat moontlik is wanneer vroue saamstaan, kennis deel en mekaar inspireer.


vrou doen koekversiering
Marinda Visser van Kaalspruit-tak het die Hoëveldstreek VLU se jaarlikse Kuier en Klets-dag op 10 Oktober by die Hervormde Kerk op Standerton bygewoon. Foto: Verskaf

Die Hoëveldstreek VLU het almal bedank wat gehelp het om die dag moontlik te maak, veral die dames wat die werksklasse aangebied en hul kennis en vaardighede met ander gedeel het.

Dank is ook uitgespreek teenoor elke deelnemer wat met entoesiasme deelgeneem en tot die aangename atmosfeer bygedra het.

Die dag is afgesluit met mooi herinneringe, nuwe idees en deelnemers wat gretig was om hul nuut aangeleerde vaardighede tuis verder te beproef.

Die Hoëveldstreek-bestuur sien reeds uit na die volgende streekvergadering, wat in November in Secunda plaasvind.

vrou roer versiersuiker
Lily Hipkin het saam met ander vroue die dag van kreatiwiteit, nuwe vaardighede en gesellige samesyn tydens die Hoëveldstreek VLU se Kuier en Klets-dag geniet. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button