GalleriesSchools galleries

Erries skop liga goed af teen Standerton

Fotogalery: Hoërskool Ermelo ligawedstryde teen Hoërskool Standerton.

Die Erries het Vrydag die ligasportreeks met ‘n kragmeting teen Standerton op Ermelo afgeskop.

In ‘n spannende wedstryd het die eerste rugbyspan wat deur beserings ontwrig is, met 29-21 geseëvier.

Hulle het drie doele,’n drie en ‘n strafdoel teenoor die Standertonners se drie doele aangeteken.

Die Erries se voorsprong was net ‘n enkele punt (22-21) voordat hulle die oorwinning met ‘n doel in die laaste minuut van die wedstryd beklink het.

Die 0/14A’s het hulle spiere behoorlik gebult en Standerton met 49-13 afgeransel. Die kranige agsteman en kaptein, Hardus Rothmann, het 29 punte, drie drieë, twee strafdoele en vier doelskoppe, bygedra.

Die 0/15A’s het met 20-8 gewen, maar die 0/16A’s en die tweedes het albei vasgeval.

Die dogtershokkiespanne se uitslae is soos volg: 0/14A: gelykop (geen doele), 0/15 A wen 5-0, 0/16 A wen 2-0, tweede span wen 6-1 en eerste span wen 5-1. Die eerste seunspan wen 10-0.

Pragtige netbal is gespeel en die was veral die 1ste span wat beïndruk het met ‘n telling van 36-12. Ander uitslae was: 0/17A verloor 6-16; 0/16A wen 16-9; 015A wen 12-5 en 0/14A verloor 8-16.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button