GalleriesSchools galleries

Laerskool Ermelo se wintersport op dreef

Die eerste span was net te sterk vir die besoekers en het die drieë behoorlik ingeryg om 'n oorwinning van 45-5 teen die Kallies aan te teken.

Galery:

Laerskool Ermelo se rugby- en netbalspanne het verlede Donderdag op hulle tuisveld ‘n oortuigende vertoning teen Laerskool Kallie de Haas van Standerton gelewer en in nege netbalwedstryde en vier rugbywedstryde geseëvier.

Laerskool Ermelo het net in vier netbalwedstryde die onderspit gedelf en in een gelykop gespeel.

Die 0/13B-span het met 19 – 6 gewen en die 0/13A-span het met 18 – 14 oor hul teenstaanders geseëvier.

Ander tellings (Ermelo tellings eerste) is:
0/7A 1-1, 0/7B 0-2, 0/8A 6-0, 0//B 2-0, 0/9A 6-7, 0/9B 11-6, 0/10A 11-2, 0/10B 13-0, 0/11A 11-4, 0/11B 15-2, 0/12A 11-18 en 0/12B 8-12.

Op die rugbyveld was Ermelo onoorwonne met een wedstryd wat gelykop geëindig het.

Die eerste span was net te sterk vir die besoekers en het die drieë behoorlik ingeryg om ‘n oorwinning van 45-5 teen die Kallies aan te teken.

Die grondslag is op skitterende wyse deur die voorspelers gelê wat die agterlyn in staat gestel het om opwindende hardlooprugby te speel.

Munash “The Dash” Dukuswa het telkens soos ‘n mes deur botter gesny en byna na willekeur drieë gedruk.
Ander rugbytellings is: 0/7 3-1, 0/8 3-2, 0/9 29-12 en 0/11 12-12.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button