Liggies skitter op sportveld
Twee netbalspanne, die eerste en 0/16A, is as Mpumalanga-kampioene gekroon en drie rugbyspanne, die tweedes, derdes en 0/16B, is ook vanjaar se Mpumalanga-Grootskoleliga-kampioene.
Ligbron Akademie vir Tegnolgie se “Blou Masjien” het die afgelope naweek behoorlik gebrul en skitterende prestasies op die sportveld gelewer.
Twee netbalspanne, die eerste en 0/16A, is as Mpumalanga-kampioene gekroon en drie rugbyspanne, die tweedes, derdes en 0/16B, is ook vanjaar se Mpumalanga-Grootskoleliga-kampioene.
Die eerste en 0/16A-rugbyspan het ná hul oorwinnings deurgedring na die onderskeie eindstryde wat ná die Julie-vakansie beslis sal word.
Die 0/15A-span het met 13 – 24 teen Hoërskool Secunda vasgeval.
Ligbron het dus vyf van hul ses rugbywedstryde gewen in die Mpumalanga-Grootskoleliga half- en eindwedstryde wat op Secunda gespeel is.
Die Liggies se 0/16B-rugbyspan het Hoërskool Standerton met 14 – 6 geklop en die derde span het HTS Witbank met 12 – 8 geklop.
Die tweedes het met 20 – 8 oor HTS Witbank geseëvier.
Ligbron se eerste span het die nederlaag teen hul buurskool twee weke gelede agter hulle geplaas en die bordjies behoorlik verhang met ‘n oorwinning van 34 – 13.
Teen rustyd was die Erries met 13 – 12 voor en dit het gelyk of Ligbron weer ‘n taai stryd op hande sou hê.
Ligbron het egter in die tweede helfte vlamgevat en ‘n verdere 22 punte aangeteken om die eindtelling op 34 – 13 te staan te bring.
Ligbron se punte-makers was Isaac Pedro, Thabiso Mkhwebane, Gert Cronjé, Eddie Dludlu en Calvin Clack wat drieë gedruk het, Gert Cronjé wat drie doelskoppe behaal het en Thabiso Mkhwebane wat ‘n strafskop oorgeskop het.
Ligbron speel ná die vakansie in die Mpumalanga-Grootskoleliga se eindstryd teen die wenners van die wedstryd tussen Secunda en HTS Witbank wat Dinsdag weer moet uitspeel.

Agter: Vuyani Maluleke; Jandré Coetzee; Jan-Harm Schoeman; Hano van Rensburg; Wiehan Kieser; Siphamandla Khumalo; Stef du Toit; Chris Willemse; Njabulo Bota; Marko Kok; WJ Nel; Jean Engelbrecht; Jan-Hendrik Geldenhuys; Francois Greyvenstein; Ruan van Zyl; Danie van Zyl, Hannes Engelbrecht (afrigter)

Voor VLNR: Kevin Sithole (agter); Christo Willemse; Bongani Ngobese
Tweede ry : Etienne J v Vuuren; Arno van der Merwe; Lindo Manana (agter Arno); Iva Gaza; Thabang Maleka; Anro Pieterse; Janke Gates; Rohan Malan
Agterste ry: Mnr Pierre van Wyngaard (afrigter); Manelisi Madonsela; Thando Nkosi; Xolani Mngomezulu; Stephan Stapelberg; Nicky J v Rensburg; Barry du Plessis; Lwazi Masuku; Kamohelo Sephuru; Edward Deacon; Willie de Jager; Lifa Nkosi; Musa Mbokane; mnr Nickey Broodryk (afrigter)

Voor: Conrad Dinkelman
Middel VLNR: MJ Steenkamp; Jannes van Staden; Chris du Toit; Jacobus Pieterse; me. Rochelle Vermaak (afrigter); Riaan Moolman; Luigi Cirigliano
Agter: Willie Beck; Zartius Swart; Edward Jacobs; Hannes Stevens; Marius Ferreira; Charl du Toit; Hlani Sibeko; Janu Prinsloo; Ryan Alves

Agter : Elzaan Venter; Sanelisiwe Mkhwanazi; Nicolene Duncan; Annatjie Bibbey; Batsedi Setshedi; Lindelwa Vilakazi; Dalmarie Ackermann; Chrisné Rhoode

Voor VLNR: Lelani Davel, Jané Bosman
Agter: Melandri Blaauw, Selaelo Phosa, Thandeka Khumalo, Tumelo Makaliphi, Thandiswa Nhlapo, Sethu Mkhwanazi


Voor: Lungelo Vilakazi; Rohan Malan; Kevin Sithole; Lifa Nkosi; Lebohang Hlatswayo. Janke Gates
Tweede ry: Wessel Fick; Nthokozisi Ntshagase; Jan Naudé; Siya Mnisi; Willie Erasmus
Middel tussen tweede en derde ry: Khumalo Sephuru ; Theodor Olivier; Hanno Jacobs
Derde ry : Mnr. Francois Hamman (afrigter); Raynier van Heerden; mnr. G Prinsloo (afrigter); Eagan Taljaardt; Theo Bleeker; Pikkie Taljaardt; Musa Mbokane; George Mthombeni; Blaine Everts; Tshepiso Mokoena; mnr. Pieter van der Merwe (afrigter)
Heel agter: Manelisi Madonsela




