GalleriesSports galleriesBreaking News
Gallery: Bethal se gholfmeesters
Kyk hier na die fotos van Bethal Gholfklub se meesters gholfdag.

BETHAL – Bethal Gholfklub het ’n suksesvolle meestersgholftoernooi op 1 en 2 Julie aangebied.
Die hoofborg van dié dag was TWK Toyota op Standerton.
Elandi Klopper en Adriaan Hamman was naaste aan die pen en Bertus Nortier en S. Mthonhe het die verste gedryf .
In die derde plek was Edward Modensela en Sipho Skoshana met 127 punte.
Jong Danie Strydom het saam met sy oupa, Marius Delport, in die tweede plek geëindig met 131 punte.
Corné Klopper en Willem du Plooy het die groen baadjies aangetrek met ’n wentelling van 138 punte.
MG Snyman, klubkaptein, het TWK Toyota Standerton, Kal Tire, Built it en Turf-Quip vir hul borgskappe bedank.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



























































