GalleriesSports galleries

Ermelo bo aan punteleer

Ermelo nou bo aan punteleer ná oorwinning oor Standerton

Foto’s: Ermelo Rugbyklub se eerste span het tot bo aan die punteleer opgeskuif ná sy oorwinning van 36-12 oor Standerton Rugbyklub Saterdag.

Ermelo se tweede span het in ’n spannende wedstryd met 23-19 teen Standerton gewen.
Die wedstryde is op die AJ Swanepoelstadion gespeel

Vir die eerste span is Morne Barnett en Divan Sonnekus onderskeidelik as voor- en agterspeler van die wedsryd gekies en die spelers se speler van die wedstryd is André Thomas.

In die tweede span se wedstryd was Pieter Lee en Brandon Wallace voor en -agterspeler van die wedstryd. Pieter van Zyl is as die spelers se speler van die wedstryd gekies.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button