SECUNDA – Jong krieketspelers het Saterdag, 4 Augustus op Sasol se sportterrein kragte gemeet in die Tyd Krieketliga wat deur die Sasol Krieketklub aangebied is.
Albei Sasol se spanne het hul wedstryde verloor.
Die Sasol Griffions het teen Middelburg Mavericks gespeel terwyl Sasol Bulldogs se 0/13-span teen Laerskool Goedehoop gespeel het.
Sasol het ook teen ’n paar van hul eie spelers in die Goedehoop-liga gespeel en volgens mnr. Ignus Koekemoer, organiseerder van die liga, is die doel om speeltyd te gee aan spelers wat nie altyd vir hul skool se span gekies word nie.
Spelers van verskeie dorpe het aan dié liga deelgeneem en dit is oop vir skole en klubs.





