Local newsMunicipalNews

Munisipaliteit herstel pyp

Die pad is voor huise oopgegrou en nog nie weer toegemaak nie.

BETHAL – ‘n Ondergrondse waterpyp in Du Plooystraat het onlangs gebars en is deur werknemers van die Govan Mbeki Munisipaliteit herstel.

Die pad is egter voor huise oopgegrou en nog nie weer toegemaak nie.

Na die onlangse reën, is die gat toe onder water en voetgangers wat dalk die gebied in die aand gebruik, moet versigtig loop. ‘n Werker by een van die huise het gesê dat die munisipaliteit die gat Maandag, 20 Oktober oopgegrou het en die pyp herstel het.

Die Echo en Ridge Times het verlede Donderdag gaan foto’s neem, maar die gat was nog nie toegegooi nie.

Volgens ‘n bron moet die munisipaliteit eers verseker dat die lekkasie doeltreffend herstel is voordat die gat en pad weer herstel word.

Met die hoeveelheid reën blyk dit egter of die water eers uit die gat geskep moet word om te verseker dat die lek wel herstel is.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button