Hul sê gaan hul sê
Arno Jacobsz (18) en Florence Thuli (47) het die afgelope naweek albei vir die eerste keer geregistreer as kieser. Arno is in 1994 gebore en soos duisende ander jong mense maak hy deel uit van die sogenaamde “vry-geborenes” wat vir die eerste keer sedert demokrasie stemreg kan verkry. “Ek is baie opgewonde om te weet …
Arno Jacobsz (18) en Florence Thuli (47) het die afgelope naweek albei vir die eerste keer geregistreer as kieser.
Arno is in 1994 gebore en soos duisende ander jong mense maak hy deel uit van die sogenaamde “vry-geborenes” wat vir die eerste keer sedert demokrasie stemreg kan verkry.
“Ek is baie opgewonde om te weet ek kan my stem in die komende verkiesing uitbring.
Dit is noodsaaklik vir alle stemgeregtigdes om te stem, want elke stem kan ’n verskil maak,” het Arno gesê.
Florence is oorspronklik van Swaziland en is nou ’n SA burger.
Florence het gesê sy is baie bly om as ’n kieser in SA geregistreer te wees en sal graag haar kruisie in die verkiesing trek.
Volgens amptelike statistieke wat deur die OVK vrygestel is, is 197,551 registrasies in Mpumalanga aangeteken. Van dié is 77,268 nuwe kiesers, terwyl 83,702 huidige kiesers in hul nuwe provinsies geregistreer het en 36, 581 in nuwe kiesafdelings geregistreer het.