Local newsMunicipalNews

Só mors mens water

Met groot kommer wys Christina Ponmoon wat in Bührmannstraat woon na die lekkende waterpyp op die sypaadjie. Sy en haar gesin woon al meer as twee jaar daar en het dié probleem kort ná hul intrek opgemerk. Volgens haar, het hulle dit meer as een keer onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar tot dusver …

Met groot kommer wys Christina Ponmoon wat in Bührmannstraat woon na die lekkende waterpyp op die sypaadjie.

Sy en haar gesin woon al meer as twee jaar daar en het dié probleem kort ná hul intrek opgemerk.

Volgens haar, het hulle dit meer as een keer onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar tot dusver was daar nog geen reaksie nie.

Uit moedeloosheid het sy ’n loodgieter geskakel, maar hy kon nie help nie, omdat die oorsaak van die lekkasie op munisipale grond is.

Op die oog af lyk dit asof die water slegs op die sypaadjie opdam, maar die problem is veel groter. Ná al die jare het die water na die inwoners se tuin en die huis se fondasies begin deursyfer.

Buite dam die water om die huis op en die grasperk is deurdrenk, maar dis die toestand van die huis wat vir Christina die grootste bekommernis is.

“Ons word elke dag vertel hoe skaars water is, maar wat doen die munisipaliteit om dit te spaar?

“Afgesien van al die water wat gemors word, ly ons ook baie skade en ons is bekommerd oor ons vier klein kinders se veiligheid en gesondheid.”

Hulle was genoodsaak om hul matte wat muf, te verwyder, die teëls teen die kombuismure is los en mufkolle slaan teen die huis se mure uit.

Dié aangeleentheid is weer onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar teen druktyd is geen reaksie ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button