EntertainmentLifestyleNewsReligion

Pastoriemark is om die draai

Kinders kan uitsien na ’n gratis springkasteel.

BETHAL – Meer as 30 uitstallers gaan aan die N.G. Kerk Noord-gemeente se pastoriemark deelneem wat vanaf 4 tot 7 Desember omstreek 9vm tot 7nm en Saterdag tot 2nm plaasvind.

Daar sal daagliks ’n teetuin met ligte verversings wees en vanaf 5nm tot 7nm kan besoekers ligte aandetes, onder andere hoenderpastei, bobotie en lasagne, koop.

Kinders vanaf vier jaar en hoërskoolleerling kan steeds by me. Bettie Jordaan by die Bethal Biblioteek inskryf vir SandArt-klasse wat daagliks omstreeks 10vm en 11vm aangebied gaan word teen R25 per persoon.

Inskrywings kan ook tydens die mark gedoen word.

Kinders kan ook uitsien na ’n gratis springkasteel.

Een van die uitstallers gaan die Saterdag haar borduurmasjien by die mark beskikbaar gaan hê om gratis name op artikels wat sy verkoop, te borduur.

’n Fooi sal egter gevra word vir borduurwerk op ander uitstallers se artikels.

Mense kan die N17-snelweg tot binne Bethal volg en vandaar die Hendrina-pad neem.

Ry verby die silo’s en spoorwegstasie: Stasieweg en Mainlaan.

Draai by die eerste straat, Wesstraat, aan die regterkant af.

Die mark vind op die hoek van Wesstraat en Marklaan plaas.

“Ons nooi alle Bethallers om dié mark te kom besoek en kunstige, unieke en handgemaakte artikels as Kersgeskenke te kom koop, asook heerlike eetgoed vir die vakansie en feestyd wat voorlê.”

Vir meer inligting, skakel me. Marita Oosthuizen by 082-291 3558 of stuur ’n epos na maritao@vodamail.co.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button