Local newsMunicipalNews

Die jaarlikse Pink Walk gestap

STANDERTON  – Die afgelope naweek het Kansa die jaarlikse ‘Pink Walk’ gehad. Die stapppers, almal in pienk getooi, het van die Stadsaal tot by die Junxion Sentrum gestap. Sowat 40 deelnemers was vroeg uit die vere en het die tog aangedurf. Die opkoms was nie soos verlede jaar nie, maar me. Tana Scheepers, Standerton mobiliseerder, …

STANDERTON  – Die afgelope naweek het Kansa die jaarlikse ‘Pink Walk’ gehad.

Die stapppers, almal in pienk getooi, het van die Stadsaal tot by die Junxion Sentrum gestap.

Sowat 40 deelnemers was vroeg uit die vere en het die tog aangedurf.

Die opkoms was nie soos verlede jaar nie, maar me. Tana Scheepers, Standerton mobiliseerder, het begrip dat die weer nie heeltemal saamgespeel het nie.

Dit is ook verstaanbaar dat die skole vroeër toegemaak het en Standertonners die kans aangegryp het om vroeër weg te kom vir die langverwagte vakansie.

Volgende jaar se ‘Pink Walk’ sal vroeg in volgende jaar aangekondig word, sodat reëlings getref kan word

Mnr. Gerhard Degenaar van die Junxion Sentrum het die stappers geborg en ‘n tjek van R1 000 is aan me. Scheepers oorhandig.

Die geld wat ingesamel word, bly in die gemeenskap om kankerlyers te help en families, wat geraak word, te ondersteun.

Die ‘Pink Ladies’, wat ook deel was van die onlangse ‘Relay for Life’ by Hoërskool Standerton en R17 000 ingesamel het, was ook daar om hulle deel vir die ‘Pink Walk’ te doen.
Me. Scheepers het elkeen bedank wat saam gestap het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button