Local newsMunicipalNews

Munisipaliteit faal om riool skoon te maak

Sekuriteitswagte maak riool skoon nadat munisipaliteit faal.

SECUNDA – Riool wat by die Eendedam uitgeloop het, het veroorsaak dat baie visse en voëls gevrek het.

Inwoners het die munisipaliteit in kennis gestel van dié probleem, maar hulle het nooit aandag daaraan gegee nie.

Volgens mnr. Frans Pretorius het sekuriteitswagte die rioollek reggemaak.

Dié rioolprobleem het dooie visse en voëls wat orals om die Eendedam gelê het, agter gelaat.

Werknemers van die munisipaliteit het wel verlede week van die dooi visse, voëls en rommel bymekaar gehark, maar dit nooit opgetel nie.

“Ons het hulle gevra of hulle dit gaan optel, toe het hulle gesê hulle sou later terugkom, maar hulle het nooit nie,” het mnr. Pretorius gesê.

Die asblikke by die Eendedam loop oor en word nooit leeg gemaak nie.

“Die Eendedam was jaregelede ’n juweel en was skoon, nou stink dit en vullis lê orals rond,” het mnr. Pretorius gesê.

Hy het mense gemaan om die plek skoon te los en hul vullis op te tel.

“Ons wil die plek reg en skoon hê,” het hy gesê.

Die Echo en Ridge Times het mnr. Lucky Mhlongo, skakelbeampte van die Govan Mbeki Munisipaliteit, om kommentaar genader en hy sal reageer sodra hy inligting van die betrokke departement gekry het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button