Local newsMunicipalNews

Vragmotors bots

Dit is nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar ’n saak van roekelose en nalatige bestuur is oopgemaak en word deur die polisie ondersoek.

BETHAL – Twee mans het ernstige beserings opgedoen ná ’n ongeluk tussen twee vragmotors by Bethal se ingang vanaf Hendrina.

Die ongeluk het in die vroeë oggendure op Dinsdag, 26 November omstreeks 2.45vm plaasgevind.

Dit is nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar ’n saak van roekelose en nalatige bestuur is oopgemaak en word deur die polisie ondersoek.

Mnr. Gert Breytenbach, ’n inwoner, het gesê: “Dit is die hoeveelste maal dat ongelukke hiér plaasvind.

“Vragmotorbestuurders wat saans die Hendrinapad op soek, verdwaal gereeld in die gebied omdat daar nie doeltreffende padaanwysings is nie.

“Daar is al verskeie pale, mure en borde deur vragmotorbestuurders omgery, omdat daar nie genoeg spasie vir hulle is om u-draaie te maak as hul verkeerd gery het nie.

“Die munisipaliteit moet verantwoordelikheid neem vir die skade wat deur vragmotors aangerig is en voorsorgmaatreëls tref sodat vragmotorbestuurder gemaklik hul roetes kan vind.”

Mnr. Lucky Mhlongo, woordvoerder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button