Local newsMunicipalNews

Bethal benodig nood-instandhouding

Plotbewoners is in ’n modderspul langs die R35-Middelburgpad vasgevang.

BETHAL – Instandhouding vir Bethal is nou ’n móét met die vloed wat op 3 Desember skade aangerig het.

Inwoners het reeds self begin om instandhouding te doen, maar met so min hande, mag dit ’n tydsame proses wees.

Plotbewoners is in ’n modderspul langs die R35-Middelburgpad vasgevang.

’n Inwoner het op 3 Desember probeer om ’n hand aan dié inwoners uit te steek.

Hy het grond aangery om op die pad wat verspoel is, te gooi, maar die reën het die grond weer weggespoel.

Inwoners in verskeie uitbreidings is gereeld sonder krag en is raadop met die munisipaliteit.

“Dit help nie eers meer om daaroor te kla nie, ons almal weet hulle is te traag,” het ’n inwoner gesê.

“Inwoners moet begin saam staan sodat ons self die dorp op dreef kan kry.

“Ken jou buurman en moedig mekaar aan sodat ons weer vorentoe beweeg.

“As jy nie sosiaal kan of wil verkeer nie, doen ten minste jou deel om vooruitgang vir die dorp te verseker.”

Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking- en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het verlede week gesê: “Na die vloed in die Govan Mbeki Munisipale gebied, is baie plekke op Bethal en eMzinoni oorstroom.

“Munisipale dienste is ernstig onderbreek, met sommige gebiede wat sonder elektrisiteit was, maar ons tegnici is besig met die herstel van dié dienste.

“Die rampbestuurspan is gestuur om met die ontruiming en noodhervestiging van mense wat geraak is, te help.

“Ons vra die gemeenskap om waaksaam oor die gevare te wees, veral kinders wat die gebiede as speelplekke beskou.

“Verdere inligting sal deurgegee word sodra al die ingrypings gekonsolideer is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button