Local newsMunicipalNews
DBV ongelukkig oor uitgrawings
’n Skakelbeampte van die DBV het gesê dat die uitgrawings soos ’n meulsteun om hul nekke hang.

BETHAL – Die Govan Mbeki Munisipaliteit het onlangs met uitgrawings by die plaaslike DBV begin.
Dit is onseker wat die doel van die uitgrawings is, maar dit belemmer glo die toegang vanaf en na die DBV se parkeergebied.
Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het verlede week gesê die munisipaliteit sal ondersoek instel om lig op die onderwerp te werp.
’n Skakelbeampte van die DBV het gesê dat die uitgrawings soos ’n meulsteun om hul nekke hang.
Die DBV het reeds met die bou van addisionele hokke en verfwerk oor ’n lang tydperk na orde verlang.
Mnr. Masango kon egter nie teen druktyd sy bevindinge bekend maak nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.