MunicipalNews

’n Bietjie goeie nuus

'n Baksteen is gebruik om die panele van die kragboks in Krugerstraat toe te hou. Inwoners was bekommerd dat dié onveilige praktyk vir nuuskierige skoliere gevaar kon inhou.

Die Lekwa Munisipaliteit het onlangs die slot van ‘n kragboks in Krugerstraat vervang en ook ‘n uitgrawing op die hoek van Dr Beyers Naudé- en Schwikardstraat opgevul.

Die Standerton Advertiser en Standerton Ibis het onlangs onderskeidelik oor dié twee probleemgebiede berig.

‘n Baksteen is gebruik om die panele van die kragboks in Krugerstraat toe te hou. Inwoners was bekommerd dat dié onveilige praktyk vir nuuskierige skoliere gevaar kon inhou.

Die uitgrawing op die hoek van Dr Beyers Naudé- en Schiwkardstraat was nie doeltreffend deur kontrakteurs afgebaken nie en voetgangers het dus ‘n risiko om in die gat te val, ‘geloop’.

“Hoewel inwoners soms krities oor die dienslewering van die munisipaliteit is, moet ons tog dankie sê dat die gebiede beveilig is,” het ‘n inwoner gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button