MunicipalNews

Begraafplaas benodig instandhouding

Inwoners strooi rommel by dié begraafplaas.

BETHAL – Die Bethal Begraafplaas is weer in ’n haglike toestand en met soveel diensleweringuitdagings, wil dit voorkom of die instandhouding daarvan in die ry sal moet staan en sy beurt afwag.

Hoewel daar van die mooiste blomme by die begraafplaas opskiet, is meeste van die grafte onder lang gras toegegroei.

Die Echo en Ridge Times het al verskeie kere oor die begraafplase op Bethal en eMzinoni berig.

Steenpalissades rondom die eMzinoni Begraafplaas lê in stukke en inwoners gebruik die begraafplaas as ’n deurgang.

Hulle strooi ook hul rommel by dié begraafplaas.

Verskeie inwoners het al voorgestel dat die munisipaliteit ’n permanente sekuriteitswag aanstel om die ingange te patrolleer.

Sodoende word vandale en sataniste wat voorheen verwoesting in die begraafplase gesaai het, dopgehou.

Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button