Twee kokkedore besoek dorp
Kokkedore kook by skool op Secunda.
SECUNDA – Sarel Loots van die Masterchef- en Kokkedoorteleviesiereeks en beoordeelaar in die Bring en Braaitelevisireeks en Poppie Coetzer, ook van Kokkedoor, besoek die dorp op 15 Maart.
Dié geleentheid begin om 8.30vm vir 9vm by Hoërskool Oosterland.
Loots, beter bekend as Sarel van Sabie, gaan ’n kookkompetisie vir die leerlinge wat verbruikersstudies as vak het, aanbied.
Hy gaan dan dié leerlinge se vernuf in die kombuis toets en Coetzer gaan as beoordelaar optree en saam met die gaste en leerlinge kuier.
Kaartjies kos R150 per persoon en sluit ligte verversings, koffie en tee in.
Belangstellendes kan vanaf 24 Februarie kaartjies bespreek.
Die dag beloof om ’n heerlike kuieroggend vir gaste te wees.
Vir meer inligting of om jou kaartjie te bespreek, skakel me. Francine Louw by 082 859 1182.



