NewsSchools

Skool kry Moaner van Heerden

Laerskool Marietjie van Niekerk toon eer aan eerstespan.

BETHAL – Die voormalige Blou Bul-rugbyspeler, Moaner van Heerden (slot), het Vrydag, 28 Februarie mans tydens ’n manne-aand by Laerskool Marietjie van Niekerk, toegespreek.

Die aand het afgeskop met die oorhandiging van die eersterugbyspan se toersakke wat deur van Heerden oorhandig is.

Die doel van die aand was om eer aan die eerstespan te toon en om geld vir die bevordering van sport in te samel.

Die nabootser en sanger, Will Jordan, het die mans met sy musiek vermaak.

Vir sommige van die mans het hy weer die goeie oudae terug gebring deur musiek van alle tye.

Jordan het al vyf solo albums en 27 albums saam met verskeie bekende sangers vrygestel.

“Ek is deur El Debo ontdek en het altyd vir hom koffie gemaak en sy rolballe skoon gemaak,” het hy gesê.

Hy was ook by verskeie televisieprogramme betrokke.

Jordan hoop om vanjaar ’n nuwe album uit te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button