Local newsMunicipalNews

Oord by Bethaldam gaan agteruit

Geen instandhouding by Bethaldam nie.

BETHAL – Die oord by Bethaldam wat die damsaal, die swembad, die glybaan en die mini-gholfbane insluit, lyk sleg weens geen instandhouding.

Volgens me. Michelle Viljoen, inwoner, was die oord altyd luuks om na toe te gaan.

Die swembad is nie eers meer toeganklik nie en die glybane werk nie meer nie.

Die water van beide die swembad en die glybane is groen en vuil.

Die mini-gholfbane se ligte werk nie en dit is al toegegroei onder die lang gras.

In die saal lyk dit of mense daar snags slaap en al die vensters is stukkend gegooi en rommel word orals in die saal gestort.

Daar is kort-kort ’n lekkende kraan in die badkamer.

Me. Viljoen het gesê dat sy die kraan elke keer toedraai, maar dit help nie.

Volgens inwoners het die oord agteruitgegaan al was dit eens die plek gewees waar vriende en familie vele pret gehad het.

Mense gaan glo in die saal op 7 Mei stem.

Die munisipaliteit het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button