Local newsMunicipalNews

Riool stroom by voordeur in

Sodra dit reën, het die riool tot binne in die huis gestroom.

Riool wat by die voordeur van mnr. Christo Jonker invloei, dryf hom teen die mure uit.

So het dit vanaf Januarie by mnr. Jonker se huis gegaan.

Sodra dit reën, het die riool tot binne in die huis gestroom.

Volgens inwoners het hul hulproep op dowe ore geval. Die oproepe na die munisipaliteit was telkemale onbeantwoord of beloftes is gemaak dat dit reggemaak sal word. Na die Standerton Advertiser verdere ondersoek ingestel het en oproepe gemaak het, was die antwoord van die oproepsentrum dat as dit reën, stelsels nie reggemaak kan word nie.

Die munisipaliteit was wel verlede Donderdag by die huis. Me. Jonker se dogter het hulle opgemerk toe die munisipale werkers by haar broer se huis stop en het haar daarvan in kennis gestel.

Die rede daarvoor is dat me. Jonker ook die probleem meer as een keer by die munisipaliteit aangemeld het.

Me. Jonker het in haar voertuig geklim, omdat dit slegs drie huise van haar af is.

Sy kon skaars by haar erf uittrek toe munispale werkers weer die pad vat.

“Hoe op dees aarde word so ‘n kwessie in so kort tyd aangespreek?” het sy gevra.

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button