Local newsNews

Pret by vergadering

Vroue het pret by vergadering.

BETHAL – Die Sukkelaartak van die VLU het hul maandelikse vergadering by die Hoogenhout Hotelskool op Donderdag, 20 Maart aangebied.

By die vorige konferensie was daar aangekondig dat die tak die beste takprogram gehad het met ’n persentasie van 97 persent en het me. Megan Kotze haar 30 jaar balkie ontvang.

Iets interessant by die vergadering was die teesakkie-idee waar jy teesakkies herwin deur ’n versiering vir jou huis te maak.

Eers maak jy die gebruikte teesakkies bymekaar en laat dit droog word.

Sodra dit droog is, gooi die blare uit in jou plante.

Maak dan die teesakkies plat en kry al jou ongebruikte linne en plaas die teesakkies op jou linne in die vorm wat jy verkies en stryk dit vas met Ovouli.

Die idee is maklik en bekostigbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button