BETHAL – ‘n Plaaslike bejaarde is ongelukkig met werknemers van die lisensiekantoor nadat hy blykbaar voor in die ry was om sy lisensie te hernu, en toe glo beveel is om agter in die ry te gaan staan terwyl mense vir hom gelag het.
“Ek het glo ingedruk volgens die sekuriteitswag,” het hy gesê.
Mnr. Gert Breytenbach was drie keer in een week by die lisensiekantoor, maar daar was heeltyd net verskonings.
’n Ontvangsdame het vir mnr. Breytenbach gesê dat hy ’n oogtoets by ’n oogkundige kan gaan doen omdat hulle masjien stukkend is.
Volgens mnr. Breytenbach het hy met ’n vrou gepraat by die lisensiekantoor wat vir hom gesê het dat die een masjien buite werking is en toe hy vir die vrou gesê het dat die ontvangsdame gesê het dat hy self ’n oogtoets kan gaan doen by ’n ander plek, het die vrou vir hom gesê hy moet dan na haar toe gaan.
Die masjiene is ingestuur om herstel te word.
Volgens mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van Govan Mbeki munisipaliteit, is hy nie bewus van die geval nie omdat daar nie ’n formele klagte gelê is nie en dus kan hy nie kommentaar lewer nie.



