Local newsMunicipalNews

Pasop vir slaggate

AfriForum "borg slaggate" in Secunda-omgewing.

SECUNDA – Die organisasie AfriForum het besluit om daadwerklik iets aan die baie slaggate in die gebied te doen.

Hulle het bordjies laat maak met die slagspreuk “Potholes: Proudly brought to you by Govan Mbeki Municipality” aan die een kant en die slagspreuk “’Warning: Potholes. Pothole warning brought to you by AfriForum” aan die anderkant wat die voorsitter van dié organisasie, me. Tokkie Reinecke, binnekort by slaggate wil aanbring om mense te waarsku.

Die Echo en die Ridge Times het al verskeie berigte oor die slaggate gepubliseer en die Govan Mbeki Munisipaliteit het al van dié slaggate reggemaak wat egter net ’n week gehou het voordat dit weer ingegee het.

Slaggate is nog volop in die strate van Trichardt, Secunda en die pad tussen Secunda en Evander.

Die hoof van bemarking en kommunikasie van die munisipaliteit, mnr. Henry Masango, het gesê die herstel van slaggate is ’n program van aksie wat deel vorm van die munisipaliteit se algemene padonderhoudingsplan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button