Local newsMunicipalNews

Secunda in duisternis gehul

Ondernemings verloor geld weens kragonderbreking.

SECUNDA – ’n Substasie in Carl Boschstraat het Dinsdagaand, 20 Mei in vlamme uitgebars en inwoners van Secunda en Trichardt sonder krag gelaat.

Die brandweer was vinnig op die toneel en nuuskierige inwoners het langs die pad tussen Trichardt en Secunda gestop om foto’s te neem.

Munisipale werkers het Woensdagoggend vroeg steeds aan die probleem gewerk en sommige inwoners het Vrydag steeds gereelde kragonderbrekings gehad.

Dit is nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.

Die Ridge Times het die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, om kommentaar genader, maar hy het gesê dat hy nie in ’n posisie is om te sê wat die brand veroorsaak het nie omdat dit Eskom se transformators was wat aan die brand geslaan het.

Eskom het gesê dat hulle so gou as moontlik kommentaar sal lewer.

Verskeie ondernemings het geld verloor weens die kragonderbrekings en sommige klerewinkels het hul deure in dié tyd gesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button