TRICHARDT – Inwoners van Trichardtsfonteindam moet gereeld die slegte reuk trotseer as die wind in die verkeerde rigting waai.
Riool wat in die dam inloop en het veroorsaak dat verskeie diere en visse al gevrek het.
Volgens inwones loop dié riool al vir weke in die dam in en die munisipaliteit doen niks daaraan nie.
Dagbesoekers het ook oor hieroor gekla.
Die Echo en Ridge Times het die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, om kommentaar genader en hy het gesê dat die munisipaliteit se biochemikus monsters van die water geneem het wat getoets sal word en dat die riool onderhoudingspan tans na die pype kyk en dit sal regstel indien nodig.



