Local newsMunicipalNews

Munisipaliteit versuim om kragboks reg te maak

Inwoners kla oor stukkende kragboks op Trichardt.

TRICHARDT – ’n Kragboks in Rapportryerstraat staan al vir weke skeef en teen ’n woonkompleks se muur.

Volgens inwoners het iemand in dié kragboks vasgery en die munisipaliteit het dit nog nie reggemaak nie.

“Ons het die munisipaliteit al verskeie kere geskakel, maar dan belowe hulle om dit te kom regmaak en hulle daag net nooit op nie,” het ’n inwoner gesê.

Dit ’n veiligheidsrisiko vir kinders omdat van die elektriese drade by die kragboks uitsteek.

Die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, het gesê: “’n Span sal uitgestuur word om na die skade te gaan kyk.

“Dié soort roekeloosheid dreineer die munisipaliteit se bronne en stuur die hele instandhoudingsprogram van die spoor af.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om soortgelyke gevalle aan te meld sodat die mense wat daarvoor verantwoordelik is, vir die skade kan betaal.”

Hy het nie geantwoord op die Echo en Ridge Times se vraag oor waarom die munisipaliteit nog niks daaraan gedoen het nie, hoewel inwoners al verskeie kere met munisipale personeel gepraat het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button