Local newsMunicipalNews

Brug benodig noodinstandhouding

Motoriste kla oor brug wat dringende instandhouding, benodig.

BETHAL – Die brug naby die Nestlé-gebou is in ‘n slegter toestand as tevore.

Dit het vroeër vanjaar weens oorstromings inmekaar geval en hou steeds ‘n gevaar vir motoriste in.

Die eenkant van die brug is toegegooi met grond en die pad self is vol slaggate.

Motoriste moet steeds versigtig ry om ernstige skade te voorkom.

Die pad is vroeër vanjaar gesluit, maar daar was steeds motoriste wat die pad gebruik het. Inwoners het gemeen dat die sluiting van die pad verkeer erger maak in spitstyd. Dié brug vereis dringende instandhouding. Inwoners kla ook oor die rommel wat langs die brug gestrooi word. Die Ridge Times het vir mnr. Henry Masango, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, om kommentaar gevra.Volgens hom is daar vir die herstel van die brug begroot en dit sal vanaf die volgende finansiële jaar, wat op 1 Julie is, begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button