Local newsMunicipalNews

Inwoner van Trichardt is raadop oor paaie.

“Kan iemand nie skimp dat Sasol Trichardt ook ontwikkel nie? Dit val uit mekaar uit,” het ’n anonieme bron aan die Ridge Times gevra.

TRICHARDT – “Kan iemand nie skimp dat Sasol Trichardt ook ontwikkel nie? Dit val uit mekaar uit,” het ‘n anonieme bron aan die Ridge Times gevra.

Dié sakeman van die omgewing verkies om nie sy naam bekend te maak nie omdat hy bang is hy word geviktimiseer.

Hy het gesê dat mense sy onderneming sal vermy as hy sy klagtes lê.

“Ek is nie regtig ‘n klakous nie, maar vandag lê die goed swaar op my hart.”

Hy het versoek dat sakeondernemings van Paul Krugerstraat sal ophou motors op die sypaadjies was.

“Hulle moet hul water in hul persele hou.

“Hulle het nie wasbays in Graystraat nie, maar dan moet die mense ander planne maak.”

Hy het gereken dat inwoners self die slaggate veroorsaak deur die water wat by die strate afloop.

“As dit verhoed kan word, sal die paaie beter lyk.

“Dan is daar nóg ‘n problem wat my baie kwaad maak. Motoriste stop glad nie by die stoptekens nie.

“Ek is ook skuldig daaraan. Hulle sê mos dat ‘n mens by jou omgewing aanpas en dan dieselfde foute as ander maak.

“Dit gaan nog groot ongelukke veroorsaak,” het hy gesê.

Volgens hom belê Sasol net in die vooruitgang van Secunda deur die paaie reg te maak. Hy meen dat Trichardt afgeskeep word en nie baat uit die myn vind nie. “Sasol doen ‘n smart werk op Secunda, maar ons is mos ook deel van die omgewing en behoort ook uit die myn te baat. “As hulle net ‘n handjie ook hier kan bysit, sal ons dorpie baie beter lyk en funksioneer.” Mnr. Henry Masango, woordvoerder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê: “Ons is in die eerste kwart van ons finansiële jaar en daar vir al nege dorpe wat deel van die Govan Mbeki Munisipaliteit vorm, gesorg wanneer dit by dienslewering kom.

“Dit is nie waar dat Trichardt uitgelos word nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button