Local newsMunicipalNews

Inwoner verloor byna alles

Inwoner verloor amper al sy elektroniese toestelle weens flou krag.

BETHAL – Mnr. Johan Pienaar wat in Bangleystraat 20 op Bethal woon, het byna al sy elektroniese toestelle verloor weens krag wat te flou is.

Die kragprobleem bestaan reeds sedert 8 Junie.

Volgens mnr. Pienaar skakel hy sy stoof op die hoogste graad aan en dan neem dit hom ‘n uur om ’n eier te bak.

Hy het verskeie kere die landlynnommer van die munisipaliteit geskakel en verwysingsnommers gekry, maar steeds het niemand uitgekom om die problem aan te spreek nie.

‘n Man het een keer kom kyk en gesê dat die ‘n kabelfout is.

Albei sy televisies, hekmotor, ses ligte en wasmasjien is beskadig.

“Hoe gaan ek aan die munisipaliteit bewys dat die krag die skade veroorsaak het?” het hy gevra.

Hy het verlede week vir ons gewys hoeveel die krag is as hy dit self meet.

Dit was 196 in plaas van 220.

“Ek is gelukkig op sekere dae wanneer ek 196 haal,” het hy gesê.

Hy het ook gevra of die munisipaliteit hom vir sy skade gaan vergoed, soos die kos wat vrot raak.

Mnr. Pienaar het ook aan die Ridge Times gesê dat hy al twee verwysingsnommers en name het, maar steeds word die probleem nie opgelos nie.

Die munisipaliteit het teen druktyd steeds nie kommentaar gelewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button