Mense wonder of munisipaliteit nog spoedwalle gaan aanbring
Een spoedwal is nie genoeg nie.
SECUNDA – Inwoners van Joe Slovostraat in Uitbreiding 22 het ‘n spoedwal gekry nadat hulle al vir jare by die munisipaliteit vir een gevra het.
Hulle wil egter graag nog twee spoedwalle in dié straat hê om motoriste te dwing om stadiger te ry.
Die korrespondensie met die munisipaliteit was in 2011 al aan die gang en mnr. Kobus Bester het in 2013 ‘n petisie met handtekeninge na die munisipaliteit gestuur.
“Kinders steek die straat oor om na die winkelsentrum te loop en motoriste wat jaag, stel hul lewens in gevaar,” het mnr. Bester gesê.
Die Echo en Ridge Times het die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, om kommentaar genader oor wanneer die ander twee spoedwalle aangebring gaan word en hy het gesê:
“Die proses om spoedwalle aan te bring, is aan die gang in die munisipale gebied en daar sal spoedwalle aangebring word soos versoek is, maar ons kan nie spesifieke datums gee oor wanneer dit gaan gebeur nie.”



