Local newsNews

Helpende Hand reik uit na ander

Helpende Hand wil na gemeenskap uitreik en benodig skenkings.

BETHAL – Helpende Hand nooi Bethallers om betrokke te raak.

Die onderliggende doel van Helpende Hand is om veral volhoubare oplossings vir wit armoede te bied.

Volgens statistiek word die oorgrote meerderheid van mense wat by Helpende Hand aanklop om hulp, daartoe gedwing omdat die broodwinner sy of haar werk verloor het.

Bekende probleme wat hieruit spruit is:

*Gebrekkige of selfs geen behuising vir gesinne

* Swak versorgde bejaardes

* Gestremdes en hul toegang tot maatskaplike toelaes

* Die lot van kinders weens ouers se finansiële posisie – verwaarlosing

* Onbetaalde skoolgeld

* Skooldrag

* Buitekurrikulêre aktiwiteite

* Mediese sorg

* Kosnood

Dit is vir Helpende Hand belangrik om in die onmiddellike maatskaplike nood wat bestaan, te voorsien en beoogde projek is wel om nie-bederfbare produkte vir die ergste kosnood in te samel.

Die organisasie se oorhoofse beleid is egter opheffing deur opleiding.

Daar is talle vlakke van ondersteuning en as die gemeenskap meen dat hulle op enige terrein ’n bydrae kan lewer, kan hulle me. Sanette Henning, voorsitter, skakel.

Die grootste behoefte tans is warm klere vir kinders, babadoeke, babamelk en kos.

Vir enige skenkings of om betrokke te raak, skakel me. Henning by 082 300 4835 of Mpumalanga se streeksorganiseerder, me. Alisha de Lange, by 082 923 1438.

Besoek ook hul webblad by www.helpendehand.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button