Local newsMunicipalNews

Munisipaliteit faal in instandhouding

Inwoners soek antwoorde op hul vrae.

BETHAL – Bethallers wonder steeds wanneer daar lig in Bethal gaan wees omdat byna geen straatligte wek nie.

Sloshberglaan, Marklaan, Van der Hydestraat, Kleynhansstraat, Veralaan, Bangleystraat, Rogerslaan en Krieketlaan is net ’n paar van die strate wat nie werkende straatligte het nie.

Inwoners wil weet wanneer daar iets aan dié saak gedoen gaan word.

Hulle kla nie net oor die straatligte nie, maar ook oor die strate met geen stoptekens.

In Koedoe- en Buffelstraat stop meeste inwoners nie by die vierrigtingstop nie omdat daar net een stopteken is.

Motoriste wat nie by ’n stopstraat stop nie, kan vinnig ’n botsing veroorsaak.

Inwoners dien klagtes by die munisipaliteit in, maar daar word glo niks aan die probleme gedoen nie.

“Van die straatligte werk al vir jare nie,” het ’n inwoner gesê.

Mnr. Hannes van Baalen, DA-raadslid, het gesê dat noodinstandhouding vir die dorp nodig is.

Volgens inwoners is dit snags makliker vir diewe om in te breek, want die strate is donker.

Die Ridge Times het mnr. Henry Masango, bemarkings- en kommunikasiebeampte, vir kommentaar gevra.

Hy het teen druktyd nog nie reageer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button