Local newsMunicipalNews

Reuk is aaklig

Riool stroom oor in Bethal-woongebied.

BETHAL – Riool vloei steeds in die Blesbokspruit in Louis Trichartdstraat.

Die Ridge Times het vroeër vanjaar oor dieselfde rioolprobleem berig.

Maande het reeds verbygegaan nadat mnr. Henry Masango, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, gesê het dat die probleem deur die water- en riooleenheid van die munisipaliteit ondersoek sou word

“Dit is asof daar steeds nie aandag aan die saak gegee word nie,” het mnr. Hannes van Baalen, DA-lid, gesê.

Inwoners het die munisipaliteit van dié probleem in kennis gestel, maar hulle het nooit aandag daaraan gegee nie.

Die riool wat in die spruit vloei, is drinkwater vir plaasdiere en die reuk van die riool wat by die mangat uitloop, is aaklig.

“Inwoners kan nie só voortgaan nie,” het mnr. Van Baalen gesê.

Die riool loop tans by Louis Trichartstraat 6 oor.

“Wat is die oplossing en hoe beplan die munisipaliteit om dit op te los?” het hy gevra.

Die koerant was saam met mnr. Van Baalen by die pompstasie in Chris Hanniestraat, waar een van die kontrakteurs mnr. van Baalen weggejaag het.

Volgens hom het mnr. van Baalen sy grond betree waar hy besig was om te werk.

Die munisipaliteit is tans besig om die probleem te ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button